‘n Kuierplek vir ons mense

Welkom by Die Boskombuis

Gastehuis : (083) 485 2529  |   Restaurant & Venue : (063) 135 3713

Afristay.com
Die Boskombuis en Gastehuis received an Afristay Certificate of Excellence.
2022
Die Boskombuis en Gastehuis
Restaurant Guru • Recommended
net buite die stad

’n Pragtige onthaalarea vir enige funksie

Die Boskombuis is ‘n heerlike kuierplek vir ons mense, in die natuur waar ons tuis hoort. Tussen die bome om die braaivleisvuur verkeer ons heerlik saam, sonder die gewoel van stadsgeraas. Die lekker informele, ontspanne atmosfeer en die beste geselskap maak dat ons nie wil ophou kuier nie. In die winter hou die vure en die konkas ons lekker warm.

Ons musikante sorg dat daar altyd lekker musiek is om na te luister. Die “unplugged” aande by die kroeg is baie gewild en almal sing te lekker saam. Van die beste musikante in die land het al by die Boskombuis opgetree.

Sondae bedien ons die heerlikste ontbyt en middagetes. Ons bied alle soorte funksies aan, soos troues, verjaarsdae, familie byeenkomste, jaareind funksies, ens. Daar word ook minder formele konferensies by ons gehou.

Die Boskombuis is gerieflik naby die N4 snelweg en Rayton/Cullinan kruising geleë. Die bos is die tuiste vir ons onthaal en funksie ontwikkeling. Ons is baie betrokke by die plaaslike gemeenskap en bied gereeld liefdadigheidsfunksies aan.

Ons is gedurende die week oop (vanaf Dinsdag) en ligte etes word bedien.  Sondae tree daar altyd ‘n musikant op en word ontbyt en tradisionele middagetes soos beesstert, afval, biefstukke ens bedien.

Die lapa kraal is puik vir braai’s en kuier rondom die vuur. Ons afdak en skoon ablusieblokke trek gereeld mense wat hul funksies hier kom hou.

Ons kombuis sorg dat mense lekker eet en dat elke funksie uniek en onvergeetlik bly.

“Ja, by die Boskombuis voel jy gou deel van die familie – onopgesmuk en plat op die aarde. Kom geniet die gasvryheid van mense soos jy!”

ons bied ook ‘n

Restaurant en Kroeg

Fantastiese Kos en Flinke Diens

Die Boskombuis is baie gewild vir sy Sondag ontbyte en middagetes.

Ons ontvang graag groot groepe, klein groepies en enkellopendes. Almal word verwelkom. Ons spesialiseer in verskeie geregte en kan enige spyskaart opdis vir ‘n funksie.

Bespreek Vandag

Ontspan by ons Boskroeg

Of jy rustig en alleen wil ontspan, of vriende wil saambring vir ‘n lekker kuiertjie, by die Boskroeg is almal altyd welkom.

‘n Heerlike kuierplek tussen die bome of om die vuur. Hier word vreemdelinge baie spoedig vriende.

Beplan Jou Funksie

Troues en Funksies

Vir ‘n baie spesiale, bekostigbare en onvergeetlike troue is die Boskombuis die ideale plek. Die kalmerende, ontspanne atmosfeer van die Boskombuis laat gaste en die troupaartjie onmiddelik ontspan sodra hulle instap. Vir ‘n troue wat bietjie anders is as die norm, is die Boskombuis die ideale onthaalplek.

Lees Meer